Buitelandse betrekkinge van Suid-Afrika

Die buitelandse betrekkinge van Suid-Afrika strek vanaf die land se tyd onder heerskappy van die Britse Ryk deur sy sy isolasionistiese tydvak onder apartheid tot sy posisie as 'n verantwoordelike internasionale akteur wat 'n sleutelrol in Afrika, veral Suider-Afrika, speel. Suid-Afrika is 'n lid van die Verenigde Nasies, die Afrika-unie, BRICS en die Statebond. Suid-Afrika is as 'n nie-permanente lid van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, in 2006, 2010 en 2018 deur die VN se Algemene Vergadering verkies.[1] Suid-Afrika dien tans op VN Veiligheidsraad vir die periode 2019–2020.[2] Die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa is die huidige voorsitter van die Afrika-unie, die tweede keer dat Suid-Afrika voorsitter is van die organisasie sedert die stigting in 2003.[3]

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Department of International Relations and Cooperation – DIRCO) is die ministerie van buitelandse sake van die Suid-Afrikaanse regering. Dié departement is verantwoordelik vir die buitelandse betrekkinge van Suid-Afrika en dus die land se verhoudings met die buiteland en internasionale organisasies, sowel as die bestuur Suid-Afrika se diplomatieke missies in die buiteland. Die departement word gelei deur die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, tans Naledi Pandor.

  1. "SA steps down from UN Security Council". Brand South Africa. 3 Januarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2016. Besoek op 1 Maart 2013.
  2. "South Africa – UNSCR". unscr.com. Besoek op 6 Februarie 2019.
  3. Significant expectations of SA as Ramaphosa becomes AU

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne